Plaakkaart
Legaaart verduideliking
Strategie: ’n interaktiewe plaasdiere legkaart: prente van plaasdiere met die naam van die dier onder.
Hoe die strategie in die klaskamer gebruik word:
Die onderwyser bespreek elke dier met die leerders (die naam, hoe beweeg hulle, watter geluid maak hulle, ens.) Die onderwyser haal die boonste prent van die plakkaat af en bespreek die woord met die leerders (eerste en laaste klank, klap die lettergrepe, skryf eerste letter met vinger op die vloer, lees woord saam.) Die onderwyser gee leerders ’n prent van ’n dier wat bo-op die plakkaat pas. Die leerders kry ’n beurt om die prent by die naam van die dier te pas.
Opsionele integrasie:
-Die onderwyser kan die liedjie ’Old Mac Donald had a farm’ integreer en dit vertaal na Afrikaans toe. Sy wys ’n flitskaart van die dier se naam, die leerders lees dit saam en dan die spesifieke deel van die liedjie sing.
-Die onderwyser kan ook die flitskaart van die dier se naam wys en dan kan die leerders soos die verskillende diere beweeg.
Teorië wat die strategie ondersteun:
-Meervoudige Intelligensies: kinestetiese leerders, visuele leerders, musikale leerders, linguistiese leerders word akkommodeer.
-Sosiale konstruktivisme: leerders bespreek die verskillende diere se eienskappe met mekaar en bou hul kennis en verbeter hul verwysingsraamwerk.
Frayer Model Verduideliking
Die “Frayer Model”
Hierdie strategiee laat die leerders die kans om hulle voorkennis bekend te maak aan hulle onderwyser en klasmaats. Die leerders word in spanne van vier gedeel. Elke groep kry ‘n bladsy met vier oop blokke en ‘n woord in die middel. Elke leerder kry ‘n blok waarin hulle kan enige iets skryf or teken wat hulle assossieer met die woord in die middel. Daar is nie ‘n reg of verkeerd antwoord nie want die leerders se vorige kennis sal bepaal wat hulle sal skryf of teken. Hierdie strategiee is goed om te doen wanneer jy ‘n nuwe tema begin en wil sien wat weet u leerders en watter woordeskat is onbekend vir hulle. As ‘n leerder nie die woord ken nie, sal daar baie min of niks in sal blokkie wees. Die onderwyser kan die prente in die klas opsit sodat die leerders kan kyk na hulle klasmaats idees en kennis. Daar is twee agtergrond teories agter hierdie model en hulle is:
- Konstruktivisme deur Lev Vygotsky
Die leerder is belangrik in die leer proses en skep hulle eie kennis. Van geboorte af, is leerders besig om hulle eie skemas te bou. Hierdie model vra hulle om hulle skema van plaasdiere uit te stel vir die hele klas. Almal sal verskillende antwoorde en idees he want elke leerder het ‘n verskillende agtergrond. Die leerders gebruik hulle eie ervarings en voorkennis om hierdie aktiwiteit te doen.
- Meervoudige intelligensies deur Howard Gardner
Hierdie model is gemik aan vier van Gardner’s se agt meervoudige intelligensies. Dit is gemik aan leerders wat visueel, kinetiese, interpersoonlik of linguistiese is. Dit is visueel want die leerders kan iets teken en kan die einde produk sien. Dit is kinetiese want die leerders doen iets, hulle werk met mekaar en kan teken of skryf. Dit is interpersoonlik want die leerders werk in spanne om hulle bladsy te voltooi. Dit is linguistiese want die leerders kan woorde skryf wat hulle assossieer met die nuwe woord. Hierdie model gebruik 50% van die meervoudige intelligensies en baie van die leerders sal hierdie aktiwiteit met sukses groet.
Plaasdiere aksie-speletjie met dobbelstene.
Dobbelspel aksies templaat
Hierdie speletjie is vir kinders wat dier aksies en beweging leer. Daar is twee dobbelstene - Een met die naam van plaasdiere en een met aksies. Die kinders moet die dobbelstene gooi, dit lees en die aksie uitvoer. Die juffrou vat die hele klas op die mat, buite of in die saal. Die leerders werk in pare – leerder A gooi die dobbelsteen met die plaasdiere se name en leerder B gooi die dobbelsteen met die aksies. Albei leerders moet hardop vir die klas lees wat op die dobbelstene staan. Albei leerders voer dan die aksies uit volgens wat op die dobbelstene staan. (Bv. Loop soos ʼn eend)
Die teoretiese agtergronde van hierdie speletjie sluit in:
a) Konstruktivisme en sosio-konstruktivisme
b) Meervoudige Intelligensie
c) Sosio-kulturele teorie.
A. Konstruktivisme en sosio-konstruktivisme
Die kind is belangrik in die leerproses. Die proses van leer probeer op ʼn sosiale vlak (van iemand) en op ʼn individuele vlak (van eie ervarings). Iemand help die kind totdat hy dit self kan doen. Die onderwyser tree op as ʼn bemiddelaar van kennis. Sy/hy onderrig die inhoud van die tema en gebruik hierdie speletjie om hul begrip van die inhoud te toets/assesseer.
B. Meervoudige intelligensies.
Howard Gardner het agt intelligensies voorgestel. Hierdie speletjie maak voorsiening vir ten minstens vyf van die agt intelligensies. Die vyf intelligensies is as volgens:
* Linguisties: sensitiwiteit tot die klanke, ritmes en menings van woorde; sensitiwiteit vir die verskillende funksies van taal.
* Ruimtelik: kapasiteit om die visueel-ruimtelike wêreld akkuraat te sien en om transformasies op aanvanklike persepsies uit te voer.
* Interpersoonlik: kapasiteit om toepaslik op die buie, temperamente, motiverings en begeertes van ander mense te reageer en onderskei.
* Liggaamlik-kinesteties: vermoëns om eie liggaamlike bewegings te beheer en om objekte beklaaglik te hanteer.
* Naturalisties: vermoëns om plante en diere te herken, om onderskeidings in die natuurlike wêreld te maak, om sisteme te verstaan en om kategorieë te definieer.
C. Sosio-kulturele teorie
Hoër denk prosesse word gekonstrueer gedurende gedeelde aktiwiteite tussen die kind en ʼn ander persoon. Hierdie prosesse is geïnternaliseer by die kind en word deel van die kind se kognitiewe ontwikkeling. Kinders gebruik eers taal en aktiwiteite met ander, om gedrag van ander te reguleer.
Les 1: Woordeskatuitbreiding
Tema: Plaasdiere; paddas
* ’n Gedig oor paddas word vir die leerders voorgelees
* Die gedig, en spesifiek die antonieme wat in die gedig voorkom, word verduidelik en bespreek.
* ’n Klasaktiwiteit volg na die bespreeking. Voer vir Pollie die Padda is ’n aktiwiteit waar die leerders antonieme vir die gegewe ‘woordvlieë’ moet vind sodat Pollie die padda nie honger ly nie. Die volgende woorde gesaamentlik met hul antonieme word behandel: klein, hard, maer, hoog en kort.
* Nadat hierdie aktiwiteit voltooi is werk die leerders individueel aan ’n werkkaart vir vaslegging. Op hierdie werkkaart moet die leerders die antonieme wat in die klasaktiwiteit behandel is, neerskryf en ook visueel voorstel deur ’n prentjie van elke woord te teken.
Teoriee wat die strategie ondersteun:
> Konstruktivisme (Vygotsky): relevante inhoud, positiewe interaksies en leerders is aktief betrokke.
Die sone van proksimale ontwikkeling (‘Scaffolding’) is hier van belang. In die bogenoemde strategie is die ontlading van verantwoordelikheid opsigtelik. Die onderwyser lei eers die leerders, dan ondersteun sy hulle en uiteindelik fasiliteer sy.
> Meervoudige intelligensies:
Visueel: die leerders lees saam met die onderwyser die gedig wat op ’n A3 papier vir hulle voorgestel word en teken voorstellings van die woorde en die woorde se antonieme op die werkkaart.
Keneties: nadat die gedig ’n paar keer deur gelees is neem leerders saam aktief deel deur om bewegings saam met die onderwyser te doen terwyl die gedig opgesê word.
Interpersoonlik: die leerders werk saam as ’n klas om die ‘Voer vir Pollie die Padda’ atiwiteit te voltooi en te bespreek.
Intrapersoonlik: die leerders werk op hul eie om die werkkaart te voltooi.
Linguisties: die leerders voltooi ’n skriftelike aktiwiteit.
> Sosio-kulturele teorie
Konteks-responsiewe onderrig en Kultureel responsiewe onderrig is ook hier van toepassing.


Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking